Ruimtependeltuig Challenger

Ruimtependeltuig Challenger (NASA)

Ruimtependeltuig Challenger (NASA-kenteken: OV-099) was 'n Amerikaanse ruimtependeltuig en die tweede ruimtependeltuig wat deur NASA in diens geneem is. Dit het in 1986 kort ná lansering ontplof en die lewe van al sewe insittendes geëis. Die tragiese ongeluk is regstreeks deur miljoene mense op televisie aanskou.[1]

Die Challenger het die eerste keer op 4 April 1983 gevlieg. Die ruimtependeltuig het 9 suksesvolle vlugte voltooi. Gedurende sy tiende missie op 28 Januarie 1986 het dit opgebreek, waartydens al sewe bemanningslede gesterf het. Die gebeure staan as die Challenger-ramp bekend. Die Challenger is later deur die Ruimtependeltuig Endeavour vervang.

Die naam van hierdie tuig kom van 'n Britse navorsingskip, die HMS Endeavour, waarop James Cook sy eerste ontdekkingsreis na die suidelike Stille Oseaan onderneem het.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search